KoueKoffieBoeke KoueKoffieBoeke
Uitgekies deur ons, geliefd deur jou kind
Wat maak ons uniek?
  • Ons verkoop slegs uitgekose boeke wat ons ken;
  • Elke maand voeg ons nuwe titels by – so loer gereeld na ons webtuiste;
  • Geskenke: Ons bied die opsie om ‘n handgetekende kaartjie saam met jou bestelling te koop. Ons skryf die kaartjie namens jou en maak die pakkie vir jou op;
  • Ons lewer persoonlike diens.
Besoek ons Winkel
Ontmoet die Span

KoueKoffieBoeke is die gevolg van ’n noue vriendskap, saamhuil en -lag oor die opwindende maar uitdagende reis van Ma-wees, vele koue koppies koffie, half-klaargemaakte gesprekke, kinderlike geloof en ’n gedeelde liefde vir boeke – en Afrikaans.

Carla Lang, ma van drie woelige kinders, is ’n nie-praktiserende prokureur (BComRegte & LLB), ’n skrywer (#kouekoffie), rubriekskrywer (Netwerk24 & Facebookblog – https://www.facebook.com/KoueKoffieMa/), vryskutredakteur (Sertifikaat in Afrikaanse Redigering en Proeflees), en vryskutresensent en -artikelskrywer (LitNet). In totaal het sy meer as 10 jaar se ondervinding in uitgewery. “Ek het vanaf ek kan onthou ’n spesiale band met boeke. Voeg daarby my gróót liefde – my kinders (saam met wie ek kies om die meeste van my tyd te spandeer), dan kry jy: rakke en rakke vol kinderboeke, wat maak dat ek en my kinders daagliks vele avonture beleef!”

 

Carmen Roux is ’n gekwalifiseerde Spraakterapeut (B. in Spraak-, Taal en Gehoorterapie) met meer as 10 jaar se ondervinding. Sy is ma van twee jong kinders en is sedert 2020 voltyds tuis, waar taal en boeke steeds ’n groot rol in haar gesin se alledaagse lewe speel. “Ek was nog altyd lief vir lees en nou dat ek weet hoe betekenisvol dit kan wees, kweek ek van kleins af ’n liefde vir boeke by my kinders. Ek hoop dat hulle, en soveel ander kinders, sal inkoop in die betowerende wêreld wat boeke kan bied.”

Besoek ons Winkel
Augustus se Topverkopers
Klein wit vissie
Klein wit vissie se mamma is weg. Hy ontmoet seediere van verskillende kleure: ’n rooi krap, ’n oranje seester, ’n geel slak, ’n groen skilpad, ’n blou walvis en ’n…
OP AFSLAG
R100.00
Besoek Winkel
Little White Fish
Little white fish has lost his mom. He meets sea animals of different colours: a red crab, an orange starfish, a yellow snail, a green turtle, a blue whale and…
OP AFSLAG
R100.00
Besoek Winkel
Die storie van die klein gaatjie
’n Plesierige en spannende ontdekkingsreis op soek na ’n geheimsinnige klein gaatjie, wat uiteindelik nie so ver weg is nie … 'n Bekoorlike kartonboekie – perfek vir selflees en voorlees.
OP AFSLAG
R135.00
Besoek Winkel
Ons Gunstelingboeke vir September
Hoekom moet ek dit doen?
Jy moet jou tande borsel! Maar hoekom dan? Sal klein tandeborselmannetjies jou tande kom skoonskrop as jy dit nie doen nie? Natuurlik nie! Jou tande sal sleg word! Op 'n…
 
R140.00
Besoek Winkel
Pootjies
Pootjies is ’n hondjie sonder ’n huis van sy eie. Sy soeke na ’n blyplek neem hom na die groot, besige staat ...
 
R142.00
Besoek Winkel
Jinx
Jinx het die ATKV-Woordveertjie gewen vir die selfleeskategorie: graad 6-7. As jy hou van toordery en towerspreuke, is hierdie jeugverhaal vir jou! Zantie sien uit na haar Graad 9-jaar. Die…
 
R149.00
Besoek Winkel
Ontdek die diereryk
Het jy geweet? Molle kan agteruit kruip. Sebras runnik nie, hulle blaf. ’n Blouwalvis se hart is so groot en swaar soos ’n klein voertuig. In hierdie boek leer ken…
OP AFSLAG
R150.00
Besoek Winkel
Mnr Stink
Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het.…
 
R160.00
Besoek Winkel
Outeur van die Maand

Celeste Slabber-Loriston het grootgeword in Hartebeespoort. Sy verwerf ’n BDram IV-graad aan die einde van 1994 en beklee verskeie onderwysposte in die Wes-Kaap. Sy is tans woonagtig in Hermanus en is mede-eienaar van Story Team, ’n opvoedkundige teatermaatskappy wat teater as medium gebruik om kinders speel-speel te leer. 

Sy begin skryf in 2005. Haar kreatiewe skryfstyl maak lesers deel van die wêreld van haar karakters. 

“Ek het ’n passie vir skryf en wil graag my lesers op ’n opwindende reis van ontdekking stuur, waar fantasie deel word van die ervaring. Ek wil graag hê my lesers moet verdwaal in die wonderlike wêreld van stories, dat hulle nooit sal ophou lees nie.”

In 2019 wen sy die ATKV-Woordveertjie vir haar debuut-jeugroman, Jinx.

“Ek is trots om te kan sê dat ek die redakteur van Celeste se Jinx en Alias was. Albei boeke is vir my betowerend, geen wonder Jinx het ’n ATKV-Woordveertjie gewen nie! Dis een van die beste jeugverhale wat ek nog gelees het. As jy ’n kind tussen die ouderdom van 8 en 14 jaar ken – koop Jinx en Alias! Dit sal jou kind verlief maak op lees.” – Carla Lang

KoueKoffieBoeke gesels met Celeste Slabber-Loriston:

 

Wanneer het jy vir die eerste keer aan Jinx begin skryf?

 

Ek en Jinx stap al 'n baie lang pad. Ek het reeds in 2010 aan die eerste manuskrip begin werk vir die Sanlam Jeugroman-kompetisie. Jinx het die kortlys gehaal, maar is nooit gepubliseer nie. Daarna het die manuskrip vir amper vyf jaar op my rak gelê. In 2016 het ek weer daaraan begin werk, en dit is in 2018 deur Protea Boekhuis gepubliseer.

 

Waar kom jou liefde vir magiese verhale vandaan?

 

Magiese elemente sluip altyd in my verhale in. As kind al het die magiese van stories my aangetrek. Ek dink die gedagte dat enige iets in so wêreld moontlik is, is vir my as skrywer 'n oop palet waar ek enige iets kan skep. Ek wil my lesers op 'n reis neem, 'n reis waar ons kan wegraak in 'n plek waar 'magic' ons verbeelding aanwakker.

 

Hoekom skryf jy juis jeugverhale?

 

Ek werk met verskeie jeuggroepe en vind geweldige aanklank by hul ervarings. Boeke kan jongmense help om uit die deurmekaar grootword-wêreld te ontsnap. 

 

Hoekom dink jy sal kinders Jinx geniet?

 

Ek dink dat die hoofkarakter Zantie tot baie lesers sal spreek omdat sy nie perfek is nie. Sy sukkel met wiskunde, kry puisies en voel verlore as sy verlief raak op die skool se hartebreker. Sy blink uit in atletiek en dit is haar een anker in die lewe. Ek dink baie jong lesers spook met hierdie uitdagings, want grootword is nie maklik nie. Ek glo dat die vinnige pas en die magiese elemente jongmense op 'n wonderlike fantasie-reis van ontdekking sal neem.

 

Waarna kan ons volgende uitsien?

 

Ek het nog 'n magiese verhaal, Alias, op die rakke, en hoop dat my nuwe jeugboek volgende jaar gepubliseer sal word. Ek is ook tans besig om te werk aan 'n ander jeugverhaal. In 2024 wil ek met leerders gesels oor hul drome en wat hulle gelukkig sal maak in die toekoms. Ek wil hul motiveer om hul hart se passie te volg, dit te doen waarvoor hulle lief is. Skryf is my passie, dit is wat my laat opstaan in die oggend.

 

Jinx en Alias is nou beskikbaar by KoueKoffieBoeke, hier.

Boeke op Afslag
Stories van die see
R240.00
Besoek Winkel
Jip en Janneke Omnibus
R280.00
Besoek Winkel
Ontdek die diereryk
R150.00
Besoek Winkel
Lillie die heksie keer die skool op sy kop (1)
R140.00
Besoek Winkel
Klein wit vissie
R100.00
Besoek Winkel
Klein wit vissie is so bly
R100.00
Besoek Winkel
Verwys jou Vriende

Weet jy van enigiemand wat sal hou van ons boeke? Verwys jou vriende en verdien:

 

  • ’n R100-koepon vir elke 10 mense wie ’n eerste bestelling plaas
  • ’n R200-koepon elke keer wat jou verwysings se totale waarde van bestellings R10,000 bereik

Ons sal ’n e-pos aan elke vriend wie jy verwys stuur om hulle bekend te stel aan KoueKoffieBoeke.

Lys jou Vriende Hier
Lees ons Artikels
Dis oukei om nie altyd oukei te wees nie – #kouekoffie
Carla Lang
Lees Vêrder
Een van dáái oggende … #kouekoffie
Carla Lang
Lees Vêrder
Volg ons op Sosiale Media
facebook  instagram 
Verwys jou Vriende
Lees ons Artikels
Besoek ons Winkel
Teken Uit   |   Bestuur Jou Voorkeure   |   Besig Aanlyn